Cass Abrahams Kook Kaap-Maleis (Afrikaans Edition) Buy on Amazon
Facebook LinkedIn

Cass Abrahams Kook Kaap-Maleis (Afrikaans Edition)

Book Details
Author(s) Cass Abrahams
ISBN / ASIN 1919992782
ISBN-13 9781919992785
Sales Rank #99,999,999
Marketplace United States 🇺🇸
Ratings & Reviews No reviews yet — be the first!

No reviews yet.

Description
Cass Abrahams Kook Kaap-Maleis is 'n nuwe, uitgebreide uitgawe van, Die Kos en Kultuur van die Kaapse Maleiers. Elke hoofstuk is steeds gestruktureer rondom een van die vele feeste wat die Kaapse Maleiers gereeld vier, met resepte van die spesiale disse wat vir spesiale geleenthede berei word. 'Nerens op aarde is daar nog 'n gemeenskap wat so graag fees vier as die Kaapse Maleiers nie; nerens op ons planeet 'n groep mense so toegewyd in hul danksegging aan die Almagtige vir die seeninge van die tafel nie'. Hierdie titel bevat resepte vir die ou gunstelinge, sowel as minder bekende, maar ewe smullekker disse wat tradisioneel op die tafels van die Kaapse Maleiers te vinde is. Cass Abrahams Kook Kaap-Maleis spog met heelwat nuwe resepte, onder andere tradisionele disse van ander groepe in ons multi-kulturele gemeenskap, wat stelselmatig deel geword het van die Kaap-Maleise kostradisie. Daar is uitgebreide opdienwenke buite die Kaap-Maleise kulturele konteks, en die asemrowende nuwe kosfoto's fokus op individuele borde kos, onweerstaanbaar aantreklike voorgesit, liewer as die oorvloed van die tradisionele Kaap-Maleise tafel wat so kenmerkend aan hulle feesviering is.Met hierdie nuwe benadering hoop Cass om die smullekker geregte waarvan die resepte al meer as 300 jaar van geslag tot geslag oorgedra word, van die gesinstafel tot in die beste restaurante te neem sodat almal wat ons pragtige land besoek die unieke geure en smake van Suid-Afrika se eeue-oue kostradisies kan geniet.
Donate to EbookNetworking
No Prev
No Next