Sarah du Pisanie Omnibus 6 (Afrikaans Edition) Buy on Amazon

https://www.ebooknetworking.net/books_detail-B00BW7EYHU.html

Sarah du Pisanie Omnibus 6 (Afrikaans Edition)

PublisherJasmyn

Book Details

PublisherJasmyn
ISBN / ASINB00BW7EYHU
ISBN-13978B00BW7EYH5
Sales Rank701,001
MarketplaceUnited States  🇺🇸

Description

"In Liefste Koos bevind Elsa Fourie haarself stoksielalleen op die houtkaai op Swakopmund. Kurt, haar verloofde, het beloof om haar op die hawe te ontmoet, maar hy het soos mis voor die son verdwyn. Uiteindelik besluit sy om sy spoor te volg na Otjimbingwe in die binneland. Maar eers moet sy haar reisgenoot, Hermaans Potgieter, oortuig sy kán die tog meemaak.
In Jakkalswater rig Oom Bennie ’n moeilike versoek tot Daan: daar is iemand op Walvisbaai wat op hom wag. Hy moet haar gaan haal, en voordat hulle terugkeer na die plaas Jakkalswater, moet Daan eers met haar trou. Daar is geen ander uitweg nie, dit weet Daan. Want ’n vrou alleen tussen die spul mansmense op Jakkalswater gaan net moeilikheid afgee.
En in Die winskopie kry Gerhard Fouché snuf in die neus wanneer hy dieselfde verslonste ou oom eers in Lüderitz en later in Otavi teëkom. Dat dié ou oom besig is met konkelwerk, is duidelik, maar waarom is die jong seun aan sy sy ’n handlanger? Dalk moet hy maar ingryp en die seunskind onder sy toesig plaas."

More Books by Sarah du Pisanie

Donate to EbookNetworking
Prev
Next