Let asseblief op dat hierdie verhale ook as enkeltitels by Amazon verkoop word.
Na die verbreking van haar verlowing, gaan Inge Kaapstad toe om vir ’n ruk lank haar suster-hulle se dakwoonstel op te pas tydens hulle afwesigheid. In hulle posbus ontdek sy ’n brief wat aan ene Vlindertjie gerig is. Dit kom van ene Oupie wat duidelik ’n geselsmaat soek. Ooglopend het die brief in die verkeerde posbus beland, maar Inge se jammerhart maak dat sy daarop reageer, en sy trap voltreffer in die liefdestrik wat vir haar gestel is.
Paul verbeel hom hy het ’n mens met lang wit hare agter die rotse naby die Kransberge gesien wegkoes. By nadere ondersoek kry hy niks. Daardie aand op sy donker stoep, gewaar hy weer ’n bewegende wit blerts tussen die struike in die donker. Sonder om sy oë van die kol af te neem – wat nou ineens stil bly staan – stap hy met die trappies af om dit nie weer uit die oog te verloor nie. Hy trap ’n trappie mis, val na onder en stamp sy kop. Toe hy bykom, kan hy nie glo wat hy sien nie. Hier by hom op die grond kniel ’n feitlik nakende, langhaar blonde meisie. Sy het net twee stukkies velkledingstukke aan en sy sê haar naam is Njobe.