Let asb op dat hierdie verhale ook as enkeltitels by Amazon aangebied word.
Toe Walt en Maryna mekaar na ses jaar weer in vreemde omstandighede ontmoet, maak haar hart wilde passies in sy nabyheid. Hy maak dit egter duidelik dat hy nog goed onthou dat sy destyds haar sangloopbaan bo hom gekies het. Net Maryna en Kroonvallei se bestuurder weet van Walt wat iewers op sy eie wildsvakansieplaas skuil en soos ‘n skim deur die bosse rondbeweeg. Baie dinge gebeur voordat hy bereid is om sy gesig te wys.
Die tweeling, Ester en Nelia, het nie veel sukses met romanse nie. Hulle glo dis omdat hulle te gou na ‘n mislukte verhouding sommer weer ‘n verhouding aanknoop. Hulle besluit om vir drie maande lank nie ‘n verhouding met enige man te hê nie. As oplossing bewimpel hul ‘n plan om as verliefde paartjie op hulle erfplek, Utopia te gaan woon. Dit sou mos die manne van hulle af weg hou… maar hulle hou nie rekening met Daan – die veearts van Utopia – en Hein – Utopia se bestuurder – nie!
Hierdie verhaal is ‘n hutspot van vermaak en romanse, maar ook spanning, want iemand wil vir Nelia doodmaak…
Nadia erf ‘n groot ou halfvoltooide kliphuis op Gansbaai. Alles is egter nie pluis nie. Wat versteek haar helper, Moeketzi, in die motorhuis, en watter verband het dit met die aantreklike Arnold en die inwoners van die rykmanswoning op die bult? Intussen voer Nadia ‘n stryd met nuwe gevoelens in haar vir die aantreklike Arnold op sy pragtige motorfiets en ou vriendskap van ‘n vriend. Arnold tree egter soms geheimsinnig op, en eers toe Moeketzi se geheim opgelos word, verstaan sy waarom.