Jou lewe... vir my liefde (Afrikaans Edition) Buy on Amazon
Facebook LinkedIn

Jou lewe... vir my liefde (Afrikaans Edition)

Author Petronel
Book Details
Author(s) Petronel
ISBN / ASIN B00HWDCHG8
ISBN-13 978B00HWDCHG2
Sales Rank #1,779,138
Marketplace United States 🇺🇸
Description
’n Wilde verjaarsdagviering, ’n dronkie in ’n donker stegie, ’n vreemde hand op sy skouer… dood.
Dit is die verhaal van Alix Mitchell se lewe.
Behalwe dat Alix se dood, in die gedaante van ’n liplekker lyfie onder ’n stywe korset en glinsterende silwer-groen katoë bokant ’n paar ek-belowe-jou-die-hemel bloedrooi pruil lippies, toe nie die dood soos in rigor mortis begrawe-dood was nie.
Dit is veel erger.
Na ’n honderd en agt jaar se desperate soeke na wraak en vergelding spoor Alix haar uiteindelik op. Die Satan’s-Delilah van daardie lank-verby stegie.
Dit is definitief sy!
Dieselfde gesig, dieselfde hare, dieselfde onmiskenbare tatoeërmerk. Presies net soos wat hy dit in elke een van sy nagmerries kan onthou.
Maar iets is fout. Gróót fout!
Hierdie Delilah wat bewusteloos en half verskeur in sy arms lê en veg vir haar lewe ruik na angeliere en appelkose en… menslik!

“Jou lewe... vir my liefde... is ’n volwasse fantasie roman, propvol tonekrul aksie, rooiwarm romanse, en verbeeldingryke, asemsnak-gruwel karakters.”
- Mimi-Jean Pretorius
Donate to EbookNetworking
No Prev
No Next