Rika du Plessis Omnibus 16 (Afrikaans Edition) Buy on Amazon

https://www.ebooknetworking.net/books_detail-B00HWZOP1Q.html

Rika du Plessis Omnibus 16 (Afrikaans Edition)

PublisherH. Cloete

Book Details

PublisherH. Cloete
ISBN / ASINB00HWZOP1Q
ISBN-13978B00HWZOP19
Sales Rank569,679
MarketplaceUnited States  🇺🇸

Description

Let asseblief op dat hierdie verhale ook as enkeltitels by Amazon verskyn.

Tina Venter se rykmanslewe verander soos handomkeer toe haar ouers sterf en ’n bankrotboedel agterlaat. Sy kry werk op ’n appelplaas, maar spoke uit haar verlede maak dat sy en die plaaseienaar, Phil, mekaar nie vertrou nie. ’n Ernstige motorongeluk en ’n reeks misverstande wil haar lewensgeluk permanent bedreig.


Toe Elsa nie vir Kurt gou genoeg na hulle huwelik ‘n kind kan gee nie, raak Kurt onmanierlik en loop rond. Elsa het geweet hul huwelik is ‘n mislukking, want hy het haar om elke hoek en draai verneder.
Toe sy na tien maande uitvind sy is wel swanger, besluit sy om hom te verlaat eerder as om haar kind in so ‘n huis groot te maak. Sy maak ‘n skeisaak aanhangig en gaan woon op ‘n kusdorp om die baba se koms af te wag.
Op Lambertsbaai maak sy kennis met Sarel, Ben en tant Loekie. Al drie mense wat die lang pad vorentoe met haar gaan stap. Ongelukkig word albei lief vir Elsa, en sy wat so seergekry het, weier om hulle liefde te beantwoord.
Sameloop van omstandighede later op Wewersvlei, die plaas, toets Elsa se uithouvermoë in alle rigtings tot op die uiterste. Sy verloor amper haar seuntjie aan dwelmsmokkelaars, en toe sy uiteindelik besef wie van die twee mans sy nou eintlik werklik liefhet, lyk dit of sy te laat tot hierdie gevolgtrekking gekom het.


Jasper vlug na ’n klein seedorpie vir ’n vakansie om weg te kom van die roetine waarin hy verval het waar sy ma en seun ewe kliphard vir hom vrou soek.
By die see maak hy kennis met Leentjie – ’n onblusbare stukkie vonkelmeisie wat hom keer op keer verras met haar streke. Sy is so anders as die plastiekpopmeisies van die stad en hy raak verknog aan haar, maar sy beskou hom as ’n outoppie...


Die dag toe Ijani in vrees van haar ongebalanseerde verloofde wegvlug, beland sy op die ou end saam met ‘n vreemde man in sy bakkie. Sy soebat hom om haar te help vlug en wegkruip, en na ‘n ruk stem hy in op voorwaarde dat sy vir ses maande vir hom sal kom huis hou op ‘n klein Bosveld dorpie, Rooiberg. Sy stem in, want haar vrees vir haar verloofde en ‘n moontlike vervolg van ‘n dooie man in haar woonstel, is erger as sy voorstel. Selfs toe sy later ontdek sy moet in armoede saam met hom daar leef en alles self doen, het sy voortgegaan. Nooit het een van hulle gedink dat hierdie vreemde ooreenkoms tussen hulle later soveel komplikasies sou uitlok nie.



More Books by Rika du Plessis

Donate to EbookNetworking
Prev
Next