Moenie Worry nie, watch net: God wat vooruit sien, sal voorsien (Afrikaans Edition) Buy on Amazon

https://www.ebooknetworking.net/books_detail-B00I0C4GP0.html

Moenie Worry nie, watch net: God wat vooruit sien, sal voorsien (Afrikaans Edition)

Book Details

ISBN / ASINB00I0C4GP0
ISBN-13978B00I0C4GP0
Sales Rank997,406
MarketplaceUnited States  🇺🇸

Description

Die Bybel leer ons dat ons oor niks besorg moet wees nie, maar dis makliker gesê as gedaan. Bekommernis is ’n monster wat maklik sy kloue inslaan en nie sommer weer laat los nie. Gary Kieswetter stel dit onomwonde: Hy sê ‘worry’ staan vir ‘Wrong Options Running Riot through You’. Dit maak nie saak of jy self die oorsaak va jou bekommernis is en of jou situasie aan omstandighede buite jou beheer te wyte is nie, ‘worry’ is altyd die verkeerde opsie. Die woord ‘worry’ het oorspronklik twee betekenisse. Die eerste is letterlik om iemand aan die keel te gryp en die lewe uit hom te wurg. ‘Worry’ beroof jou van jou lewensvreugde en het die vermoë om die lewe wat God jou gee uit jou liggaam, siel en gees te wurg. Die tweede betekenis is om te verdeel. ‘Worry’ verdeel jou geloof en maak dit kragteloos. Dit is veel beter om jou energie te gebruik om op God te vertrou, te kies om Hom te loof en ’n wonderwerk van Hom te verwag. ‘Moenie worry nie, watch net!’ bied meer as net bemoediging en die belofte van ’n beter toekoms. Dit is soos ’n sterk hand op jou skouer en ’n vriend wat saam met jou stap. Dit wys jou hoe jy ‘worry’ met wortel en tak kan uitroei en God se vrede en oorwinning in elke situasie kan ervaar.
Donate to EbookNetworking
Prev
Next