Vuurvas: Aan jou sy vir altyd (Afrikaans Edition) Buy on Amazon
Facebook LinkedIn

Vuurvas: Aan jou sy vir altyd (Afrikaans Edition)

Book Details
Author(s) Eric Wilson
ISBN / ASIN B00I0C4NYO
ISBN-13 978B00I0C4NY0
Sales Rank #99,999,999
Marketplace United States 🇺🇸
Ratings & Reviews No reviews yet — be the first!

No reviews yet.

Description
Wanneer Kaptein Caleb Holt binne-in ‘n brandende gebou is, leef hy volgens die leuse van ‘n brandweerman: Bly altyd by jou maat se sy. By die huis is dit egter ‘n ander storie. Daar leef hy volgens sy eie reels.

Caleb se vrou, Catherine, het as dogtertjie daarvan gedroom om met ‘n liefdevolle, dapper brandweerman te trou – net soos haar pa. Nou, na ‘n huwelik van sewe jaar, wonder sy wanneer sy opgehou het om ‘goed genoeg’ te wees. Male sonder tal se argumente en woede het die vonk in hul huwelik geblus.

Terwyl hulle die egskeidingsproses aan die gang sit, daag Caleb se pa hom uit om aan ‘n 40—dag eksperiment deel te neem: Die ‘Liefdesuitdaging’. Caleb wonder of it die moeite werd sal wees, maar stem in, meer om sy pa se onthalwe as om sy huwelik te red.

Caleb is egter totaal verras deur dit wat hy leer oor die betekenis van liefde. Skielik besef hy dis wekrlik die moeite werd om vir sy vrou en sy huwelik te baklei. Maar is dit te laat vir Caleb en Catherine om ‘n vuurvaste huwelik te verkry?
Donate to EbookNetworking
No Prev
No Next