BUYS: 'n Grensroman (Afrikaans Edition) Buy on Amazon
Facebook LinkedIn

BUYS: 'n Grensroman (Afrikaans Edition)

Author Willem Anker
Publisher Kwela
Book Details
Author(s) Willem Anker
Publisher Kwela
ISBN / ASIN B00OA58KQC
ISBN-13 978B00OA58KQ3
Sales Rank #457,948
Marketplace United States 🇺🇸
Ratings & Reviews No reviews yet — be the first!

No reviews yet.

Description
Coenraad de Buys is die gevaarlikste man in die Kolonie. Op agtjarige ouderdom het hy sy eerste grens oorgesteek en sy ouerhuis agtergelaat. Huis-uit, Kaap-uit, beskawing-uit. Uiteindelik wêreld-uit. Vanaf die Langkloof swerf die legendariese Buys deur die onrustige landskap van die laat sewentienhonderds. Buys is trekboer, grootwildjagter, Khula die Grote, Koning van die Basters, sewevoet-rampokker, veelwywer en pes van die owerheid. Oral verwek hy kinders; oral sluit rowers en weglopers by hom aan – ’n ganske Buysvolk. Hy steel vee en vroue, smokkel gewere, sweep grensboere op teen die VOC en al wat Empire is; hy tolk tussen Nederlander en Xhosa en praat deurgaans net sy eie woorde. En oral op sy drosterpad is daar die honde, altyd die honde en die af-oor gedierte wat Buys se jeukvoete op die pad gesit het. Op Buys se spoor, in sy kop, om sy kampvuur draai die kwylende bekke rond. Buys is ’n roman oor grense en oor grond. Dit vertel waar ons vandaan kom.
Donate to EbookNetworking
No Prev
No Next