’n Mens begaan nie dieselfde fout twee keer nie – of hoe?
Mia Gardiner, die huishoudster se dogter, het geweet haar verliefdheid op die multimiljoenêr Carlos O’Connor is tevergeefs – tot die keer toe sy die hartelose plesiersoeker se aandag getrek het. Gaandeweg word Mia ouer en wyser, maar Carlos se aanraking bly in haar geheue ingebrand. Tot haar verbystering duik Carlos weer in haar lewe op . . .
Die jong meisie wat hy vlugtig leer ken het, is nou ’n selfversekerde, elegante vrou. Carlos is vasbeslote om dit wat tussen hulle gebeur het, weer aan te vuur. Mia se teësinnigheid spoor hom net verder aan. Hy besluit om sy grootste troefkaart te speel: Hy sal haar sukkelende onderneming red in ruil vir onvergeetlike nagte in sy bed!