Bloedspoor (Afrikaans Edition) Buy on Amazon

https://www.ebooknetworking.net/books_detail-B01863LVQO.html

Bloedspoor (Afrikaans Edition)

PublisherBoekemakranka

Book Details

Author(s)Tinus Viviers
PublisherBoekemakranka
ISBN / ASINB01863LVQO
ISBN-13978B01863LVQ0
Sales Rank360,443
MarketplaceUnited States  🇺🇸

Description

Privaatspeurder Willem Lotriet, is terug en dit is duidelik dat sy besigheid as private ondersoeker gegroei het. Hy het nou verskeie mense wat vir hom werk. Sy persoonlike lewe is egter effens gekompliseerd. Hy is betrokke in ? verhouding met dokter Anja Vermaak. Alhoewel hulle nie meer saamwoon nie, en saam besluit het dat trou nie vir hulle is nie, kan hulle nie sonder liggaamlike kontak klaarkom nie. Toe daar binne die bestek van 24 uur drie voorvalle plaasvind wat duidelik op Willem as persoon gemik is, vermoed hy dat een of ander skelm met wie hy in die verlede paaie gekruis het, daaragter sit. Hy kry boonop ? opdrag van ? korporatiewe instansie wat hom genoodsaak om na Katar toe te reis en moet noodgedwonge die opsporing van die skuldige aan sy personeel toevertrou. Sy swakheid, ? voorliefde om by mooi vroue betrokke te raak, word gou duidelik toe hy, op pad Katar toe, Ilse ontmoet en begin wonder of hy nie sy poging tot versoening met Anja moet laat vaar nie. In Katar fokus hy weer op sy opdrag en vind uit dat, Claude van Damme, die persoon, wie se agtergrond hy moet ondersoek, se lewe moontlik in gevaar is. Hy ontmoet ook vir Susan Naudé, ? joernalis wat ondersoek instel na transaksies van Andreas Nel en sy span, ingevolge waarvan wapens aan die rebelle in Egipte en Libië verskaf is Toe Willem boonop uitvind dat Claude van Damme deel van Andreas Nel se groep mense is, en dat vier uit ses vermoor of onder verdagte omstandighede oorlede is, besluit hy om ook by haar ondersoek betrokke te raak. Toe hy daarby ook op persoonlike vlak by Susan betrokke raak, en besef dat ook haar lewe in gevaar is, kompliseer dit sy lewe nog verder.

More Books by Tinus Viviers

Donate to EbookNetworking
Prev
Next