Search Books

Gees van die Labrador (Riemlandse Mense Book 1) (Afrikaans Edition)

Author Makkie de Beer
Publisher Camelthorn Books
📄 Viewing lite version Full site ›
🌎 Shop on Amazon — choose country
Price not listed
🛒 Buy New on Amazon 🇺🇸
Share:
Book Details
ISBN / ASINB006OJWQCQ
ISBN-13978B006OJWQC6
Sales Rank769,804
MarketplaceUnited States 🇺🇸

Description

Makkie de Beer skryf uit haar hart uit en het 'n wye ervaring van die lewe en 'n uiteenlopende vriendekring. Haar karakters voel later soos famililede en vriende wat jy bladsy vir bladsy beter leer ken en liefkry. Hulle is nie sonder foute nie en soos gewone mense probeer hulle om 'n lewe te maak vir hulleself en hulle geliefdes. Ervaar die hartklop van 'n plaas en voel saam met hulle, in hulle menslike pogings om geluk en liefde te vind. Nader aan die grond en midde in die natuur wissel die emosies soos die seisoene – van warm luilekker somersdae tot bittere koue en 'n stryd om oorlewing vir mens en dier. Lag vir die koddige en uitbundige energie van 'n jong kalfie en huil saam met die familie as hulle 'n geliefde verloor.

Die boek bied ligte lees vermaak veral aan diegene wat wonder oor die lewe op 'n plaas. Plaasjapies aan die anderkant mag dalk terug gevoer word na hulle eie dae op die plaas en met verlange terugdink aan hulle ervarings en sorgelose tye in die platteland. Die boek is geskoei op 'n meer eenvoudige lewe rondom 'n klein plattelandse dorpie (maar sommige karakters en gebeure - dikwels buite hulle beheer) maak dit vir hulle moeiliker as wat hulle verwag het. Leer ken 'n klompie boeremense, kyk wat hulle aanvang en proe saam met hulle aan die tradisionele kos en lekkernye wat hulle geniet. Ervaar die die plaaslewe soos net Makkie dit kan vertel.