Van altyd af (Afrikaans Edition)
📄 Viewing lite version
Full site ›
Price not listed
🛒 Buy New on Amazon 🇺🇸
Book Details
Author(s)Elsa Winckler
PublisherSatyn
ISBN / ASINB00BW7AITS
ISBN-13978B00BW7AIT5
Sales Rank913,827
MarketplaceUnited States 🇺🇸
Description ▲
Cilla is ’n hoërskoolonderwyseres op die Overbergse dorp Caledon. Haar groot liefde is diere – perde in die besonder – en sy kan van kleins af met hulle kommunikeer. Toe Reynecke Retief se hings probleme gee, vra sy plaasbestuurder haar om te help uitvind wat die perd pla, maar dis gou vir haar duidelik dat Reynecke haar nie vertrou nie. Trouens, hy beskuldig haar daarvan dat sy sy perd wil toor, en haar intuïtiewe benadering staan hom geensins aan nie. Maar sy diepblou oë en swart krulhare is vir haar vreeslik bekend. Het sy hom nie al iewers ontmoet nie? Langbeen, donkerkop Cilla krap terselfdertyd al Reynecke se vooropgestelde idees oor verhoudings en die lewe om. Daar is soveel hartseer in sy verlede . . . sal hy ooit teenoor homself kan erken dat Cilla van altyd af vir hom bedoel is?