Om elke dag tyd te maak om stil te word voor God en ʼn spesiale plek daarvoor in te ruim, is baie belangrik, sê die bekende evangelis Angus Buchan in DIE BINNEKAMER.
In hierdie heilige ruimte kan gelowiges onder andere:
• stil by Jesus rus
• God se stem hoor
• die krag van die Woord ervaar
• troos vind in moeilike tye
• God se leiding soek om besluite te neem
Angus Buchan se verhale uit sy eie lewe, en dié van groot Christene uit die geskiedenis en die Bybelse tyd wys watter belangrike rol hierdie spesiale alleen-tye saam met God in mense se lewens gehad het. Lesers sal gou sien dat kwaliteit-tyd saam met God hul lewe, lewensuitkyk en die impak wat hulle op hul gemeenskap maak, kan verander.
DIE BINNEKAMER is bedoel vir elkeen wat ’n inniger wandel met die Here wil beleef.
Die binnekamer (Afrikaans edition)
📄 Viewing lite version
Full site ›
Price not listed
🛒 Buy New on Amazon 🇺🇸
Book Details
Author(s)Angus Buchan
PublisherChristelike Uitgewersmaatskappy
ISBN / ASINB00FQJQPRC
ISBN-13978B00FQJQPR2
Sales Rank1,188,174
MarketplaceUnited States 🇺🇸