Search Books

Kobra (Afrikaans Edition)

Author Deon Meyer
Publisher Human & Rousseau
📄 Viewing lite version Full site ›
🌎 Shop on Amazon — choose country
Price not listed
🛒 Buy New on Amazon 🇺🇸
Share:
Book Details
Author(s)Deon Meyer
ISBN / ASINB00GD7Y1BS
ISBN-13978B00GD7Y1B4
Sales Rank224,793
MarketplaceUnited States 🇺🇸

Description

Die laaste ding wat kaptein Bennie Griessel van die Valke nodig het, is moeilikheid. Want hy suip dalk al weer, hy lieg vir sy kollegas en sy AA-borg, en die intrek by Alexa Barnard was ’n fout. ’n Karnallie van ’n fout.

Maar die gastehuis-bloedbad buite Franschhoek was die werk van ’n professionele laksman – drie slagoffers, drie perfekte kopskote. En dis nie net die onverklaarbare gravering van ’n spoegkobra op die koeëldoppies – en die komende mediasirkus – wat Griessel laat bloed sweet nie.

Twee van die oorledenes is lenige militêre tipes. Spesmagte. Of Spoke.

Moeilikheid.

Heel agter, in die hoofslaapkamer, is tekens van ’n gestoei, en te veel bewyse dat iemand ontvoer is. Bes moontlik ’n buitelander.

Groter moeilikheid.

Maar die paspoort is vals, die Britse konsulaat speel spioenasiespeletjies, en dieselfde huurmoordenaar slaan toe by die Kaapse Waterfront. Boonop neem die staat se duistere Sekuriteitsagentskap die ondersoek oor, en die Valke moet ’n vlugtende, baie vaardige Kaapse sakkeroller dringend opspoor om hul eer – en die demokrasie – te red.
Maksimum moeilikheid.