Search Books

Leef in liefde: Jou praktiese gids oor die liefde (Afrikaans Edition)

Author John Townsend
Publisher Struik Christian Media
📄 Viewing lite version Full site ›
🌎 Shop on Amazon — choose country
Price not listed
🛒 Buy New on Amazon 🇺🇸
Share:
Book Details
Author(s)John Townsend
ISBN / ASINB00I0C4CUE
ISBN-13978B00I0C4CU0
Sales Rank99,999,999
MarketplaceUnited States 🇺🇸

Description

Almal is op soek na liefde. Daar is niks so belangrik as om lief te hê en liefgehê te word nie. Maar dikwels weet ons nie hoe om toenadering te soek tot ander nie – hetsy in ons gesin, by ’n vriend, ’n eggenoot of in ’n romantiese verhouding.
In Leef in liefde bring dr. John Townsend die goeie nuus dat liefde aangeleer kan word. Hy help die leser om die aard en sleutelbeginsels van liefde te verstaan en verduidelik die vaardighede wat mense kan aanleer om die liefdevolle mense te word wat hulle eintlik bedoel is om te wees.
Aan die hand van stories en voorbeelde uit sy jare lange ondervinding bied Townsend praktiese raad oor hoe om liefdevolle verhoudings te vind, te bou en in stand te hou.
Van die sleutelbeginsels wat hy bespreek, sluit in:

Konneksie: Hoe om ’n emosionele band te vorm
Waarheid praat: Eerlikheid wat die ander persoon dien
Genesing: Herstel wat gebreek is
Laat los: Aanvaar wat is en gee op wat oorgegee moet word
Romantiek: Die unieke liefde tussen ’n paartjie