Almal praat, dink en wonder oor seks, veral tieners. En tog is dit die één ding waaroor hulle nie maklik met hulle ouers kan praat nie.
In DIE NAAKTE FEITE kom ervare beraders en leraars Jimi le Roux en Timothy Kieswetter, kenners op die gebied van seksuologie, Bybellering en pastorale bediening, tot almal se redding met eerlike, reguit en Bybelsgebaseerde antwoorde op 56 werklike vrae wat tieners vra, soos: “Wanneer is mens reg vir seks?†en: “Wat sê die Bybel oor gay-wees?â€
Die vrae is in ses sinvolle afdelings verdeel, insluitend: Vrae oor ’n seun se liggaam, vrae oor ’n meisie se liggaam, vrae oor seks self en vrae oor verhoudings en seks. Die boek bevat ook ’n alfabetiese indeks met kort definisies en ’n lys met webtuistes en noodnommers waar tieners hulp kan kry in noodsituasies.
DIE NAAKTE FEITE gee vir tieners die regte gereedskap om die regte keuses te maak.
Die naakte feite (eBoek): Vrae wat jou ouers hoop jy nooit oor seks sal vra nie (Afrikaans Edition)
📄 Viewing lite version
Full site ›
Price not listed
🛒 Buy New on Amazon 🇺🇸
Book Details
Author(s)Jimi Le Roux, Timothy Kieswetter
PublisherCHRISTELIKE UITGEWERSMPY
ISBN / ASINB00IMC6FFW
ISBN-13978B00IMC6FF4
Sales Rank2,231,534
MarketplaceUnited States 🇺🇸