Nelson Mandela het dit gedoen. P.W. Botha het dit gedoen. Francois Pienaar het dit natuurlik ook gedoen . . .
En toe volg Koos Kombuis se outobiografie, die een wat al meer as tien drukke beleef het. Dis die enigste een wat deur hom goedgekeur & getjap is as die naakte waarheid. Die Ware Jakob, Koos se manier om homself te versoen met sy verlede.
En watter verlede is dit nie! Hy vertel van sy heel eerste openbare optrede (op die ouderdom van ongeveer vyf sekondes), van sy jeugjare as hedonis, van sy ontmoeting met Yasser Arafat (’n bladsy uit die geskiedenis wat nóg Koos nóg Yasser ooit wil oorhê), van die paradokse & die pyn, van hoe lekker die lewe nou vir hom is, van die goue jare wat nog voorlê . . . van . . . van . . .
O ja, natuurlik ook van die seks & drugs & boeremusiek wat al sy pad gekruis het. Alles daarvan, sonder aansien des persoons.
Seks & drugs & boeremusiek - die memoires van 'n volksverraaier (Afrikaans Edition)
📄 Viewing lite version
Full site ›
⌛ 🇫🇷 France pricing being fetched…
Prices will appear once fetched — usually within a few minutes.
View in:
🇺🇸 USA
Book Details
Author(s)Koos A. Kombuis
PublisherHuman & Rousseau
ISBN / ASINB00KRFXCPS
ISBN-13978B00KRFXCP2
MarketplaceFrance 🇫🇷