Search Books

Brandwaterkom (Afrikaans Edition)

Author Alexander Strachan
Publisher Tafelberg
📄 Viewing lite version Full site ›
🌎 Shop on Amazon — choose country
Price not listed
🛒 Buy New on Amazon 🇺🇸
Share:
Book Details
PublisherTafelberg
ISBN / ASINB00ZCXZMTE
ISBN-13978B00ZCXZMT2
Sales Rank398,663
MarketplaceUnited States 🇺🇸

Description

Bekroon met die derde prys in NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd. Esther van Emmenes het nie die bakkie hoor stilhou nie. Sy loop heeltemal ingedagte tussen die ou grafstene in die Fouriesburgse begraafplaas rond. Soekend. Sy is dikwels in die begraafplaas. Dit is waarom sy op dié Vrystaatse dorpie kom woon het, om naby die bronne vir haar navorsing te wees. Veral naby die Brandwaterkom te wees, want dit is waar kommandant Fanie Vilonel in die Anglo-Boereoorlog die oorgawe van meer as vierduisend Boerekrygers bemiddel het. Dis na sý spore dat sy soek, Vilonel s’n. Dan hoor Esther die bakkiedeur klap; sy kyk verskrik om. Deur die hek van die begraafplaas kom ’n man aangeloop. ’n Onbekende man. Hy sê hy wil haar iets wys wat vir haar navorsing baie sal beteken . . . Alexander Strachan se Brandwaterkom is ’n dubbelloop-roman: ’n bloedstollende oorlogsverhaal én ’n diepsnydende ondersoek na die verraderlike manier waarop verhale met ons op loop gaan. Met verbluffende vernuf trek Strachan albei snellers gelyk.