Search Books

Die verdwyning van Billy Katz (Afrikaans Edition)

Author Chris Karsten
Publisher Human & Rousseau
📄 Viewing lite version Full site ›
🌎 Shop on Amazon — choose country
⌛ 🇮🇳 India pricing being fetched… Prices will appear once fetched — usually within a few minutes.
Share:
Book Details
Author(s)Chris Karsten
ISBN / ASINB016AG0YUI
ISBN-13978B016AG0YU3
MarketplaceIndia 🇮🇳

Description

Moordspeurder Ella Neser is terug. Erg hees en met ’n bewing in haar hande wat sy nie vir kolonel Silas Sauls kan wegsteek nie. Maar sy is verbete om haar ou self te herwin. Wanneer sy aangesê word om die spoor te vat van vier geamputeerde voete, ontmoet sy die onkonvensionele oud-speurder Lou Pepler, wat twee dekades gelede die verdwyning van Billy Katz moes probeer oplos. Wat het ’n begrafnisondernemer gemeen met Billy se verdwyning soveel jaar gelede? En is stink Attie regtig verantwoordelik vir die vier linkervoete wat in ’n Checkers-sak in die Botaniese Tuin gevind is? Lou is bereid om Ella met haar voetesaak te help. Maar, soos sy alte goed weet, is niks in die lewe verniet nie . . . En aantreklike Lou Pepler, met ’n voorliefde vir beetsap en sampioene (nie net die gewone eetbare soort nie), is ook ’n man vol geheime.