Vir Suid-Afrikaners het hierdie begrippe sinoniem geword met die name van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff. In die dertig jaar sedert die tragiese verdwyning van ses jong skoolmeisies en die dramatiese skietdood van die land se berugste egpaar, hang onbeant- woorde vrae steeds in die lug. Die makabere raaisels wat hulle agtergelaat het, het nie saam met hulle gesterf nie.
Joernalis Pieter van Zyl gee in hierdie boek, waarvoor hy eksklusiewe toegang tot Huisgenoot se uitgebreide argief gehad het, ’n volledige oorsig oor dié voortslepende sage. Rolspelers wat direk by die saak betrokke is en was, se insigte en ervarings word betrek om opnuut sin van die tragedie te probeer maak. Naasbestaandes van die meisies wat verdwyn het, asook dié van Van Rooyen en Haarhoff, is deur die skrywer genader. Kenners, waaronder sielkundiges, kriminoloë, baasspeurders, handskrifontleders en selfs sieners, verskaf ’n sonderlinge blik op die gebeure wat by Suid-Afrikaners blý spook.
Die tragedie verkry ’n nuwe dimensie wanneer dit beskou word teen die agtergrond van Suid-Afrika drie dekades gelede. Dit blyk ook dat Van Rooyen en Haarhoff nie in isolasie kon optree nie, maar waarskynlik deel was van ’n uitgebreide misdaadnetwerk.
Hiertoe boek sal niemand koud laat nie.
Gert & Joey: Nuwe lig op 'n raaisel van dertig jaar (Afrikaans Edition)
📄 Viewing lite version
Full site ›
⌛ 🇮🇳 India pricing being fetched…
Prices will appear once fetched — usually within a few minutes.
View in:
🇺🇸 USA
Book Details
Author(s)Pieter van Zyl
PublisherZebra Press
ISBN / ASINB07GDPPYQM
ISBN-13978B07GDPPYQ1
MarketplaceIndia 🇮🇳
Description ▲
Similar Products ▼
- The Lost Boys of Bird Island: A shocking exposé from within the heart of the NP government
- Prooi (Afrikaans Edition)
- Die De Zalze-moorde: Die familiemoord wat die land tot stilstand geruk het (Afrikaans Edition)
- Steinhoff en die Stellenbosse boys (Afrikaans Edition)
- Ralph Haynes - Godfather van die Wes-Rand (Afrikaans Edition)
- Die seuns van Bird Island: 'n Skokkende onthulling uit die hart van die NP-regering (Afrikaans Edition)
- Bank Robber: My time with Andre Stander
- Sondag (Afrikaans Edition)
- Gangster State: Unravelling Ace Magashule's Web of Capture
- Medusa (Afrikaans Edition)