Oor Gode En Afgode (Afrikaans Edition)
Book Details
Author(s)Marthinus Versfeld
PublisherProtea Boekhuis
ISBN / ASIN1869193628
ISBN-139781869193621
MarketplaceFrance 🇫🇷
Description
Oor gode en afgode is 'n herdruk van 'n vyftal essays van die Suid-Afrikaanse filosoof Marthinus Versfeld. Die bundel het oorspronklik reeds in 1948 verskyn, maar die kwessies wat hierin bespreek word, is vandag steeds aktueel. Versfeld se groot bekommernis hier is dat die Westerse mens se opvatting van redelikheid en sy verhouding met die wereld om ons, sedert die Verligting baie verskraal het. Met verwysings na die kerkvader Augustinus en groot Middeleeuse filosowe soos Thomas van Aquinas, toon Versfeld aan dat hierdie ouer denkers se sienings van die skepping en die Skepper tot 'n meer geintegreerde beeld van die mens en sy plek in die werklikheid kan bydra, 'n siening wat ook in ons postmoderne era aanklank by denkende lesers behoort te vind. Die bundel bevat verder 'n kritiese bespreking van die Franse filosoof Jean-Jacques Rousseau en die oordrewe rol van die Staat in ons tyd (iets wat bekommerde Suid-Afrikaners met instemming kan lees), die verval in moraliteit en die oorheersing van die masjien in die lewe van die gewone mens. Dit is nie Versfeld se toeganklikste werk nie, maar die skrywer slaag steeds daarin om ingewikkelde filosofiese begrippe in eenvoudige taal oor te dra. Die bundel word ingelei deur prof. Ernst Wolff, 'n kenner van die werk van Versfeld.


