Die blou van onthou (Afrikaans Edition) Buy on Amazon
Facebook LinkedIn

Die blou van onthou (Afrikaans Edition)

Publisher Tafelberg
Price not available for Germany

You can still browse on Amazon. Try another country above.

Book Details
Publisher Tafelberg
ISBN / ASIN B00BSTYYXG
ISBN-13 978B00BSTYYX2
Marketplace Germany 🇩🇪
Description
In die skemer van haar lewe kry Colette Cronjé ’n brief van 'n lank vermiste familielid. Dit kom uit Portugal en dit dwing haar om alles te onthou wat sy 'n leeftyd lank probeer vergeet het. Want wat 'n halwe eeu gelede in Portugal gebeur het, het haar eie lewe asook dié van die volgende twee geslagte onherroeplik verander. Haar dogter, Nandi, se verset teen haar ouers en haar afkoms is so verreikend dat sy haar kind vir aanneming weggee, alleen oorsee vlug en alle bande met haar familie verbreek. Haar kleindogter, Tina, word groot sonder om haar bloedfamilie te leer ken. Maar bloed bly bloed, jou familie bly jou familie, jou taal bly jou taal. Daarom word dit die verhaal van 'n Afrikaanse familie, van drie opeenvolgende geslagte wat reageer op mekaar en op hul tyd, van drie vroue wat leef in die spanning tussen weggaan en moet bly, tussen vergeet en móét onthou. Saudade, leer Colette in Portugal, is die liefde wat bly nadat die voorwerp van die liefde verdwyn het. Die blou van onthou is ’n wydstromende rivier van ’n roman, ’n boek wat die leser onderdompel en omrol en maal in sy kolke van stemme en geskiedenis en oeroue hunkerings.
Donate to EbookNetworking
No Prev
No Next