Susanna M Lingua se gunstelinge (Afrikaans Edition) Buy on Amazon
Facebook LinkedIn

Susanna M Lingua se gunstelinge (Afrikaans Edition)

Publisher Jasmyn
Price not available for India

You can still browse on Amazon. Try another country above.

Book Details
Author(s) Susanna M Lingua
Publisher Jasmyn
ISBN / ASIN B00BW76KA4
ISBN-13 978B00BW76KA7
Marketplace India 🇮🇳
Description
Die goue vlinder: Ramiro de Gouveia, trotse miljoenêr-hertog, is vasbeslote om die wilde Janet Hartman te tem. Maar dié goue vlinder is allermins van plan om haar te laat vang en toespin in ’n kokon van adellike Portugese tradisies. Op die tropiese Mosambiekse paradys Espiño raak hartstog egter ’n vlam wat ’n vlinder se vlerkies kan skroei . . .Son op die horison: Kort ná haar aankoms op die eiland San Di Rago verloor die talentvolle musiekstudent Verena Kestell haar sig in ’n motorongeluk. Haar vriendin se ouers dring aan dat sy by hulle bly om aan te sterk, en haar pad kruis onvermydelik met dié van die hooghartige hertog Duarte di Rago, aan wie die eiland behoort. Hy is oortuig dat sy die vrou vir hom is, maar hoe kan sy haar gevoel vertrou as sy in die duister moet rondtas, en boonop nog steeds droom van die aantreklike donkerkopman wat sy net vlugtig gesien het onderweg na die eiland?Haar naam was Marina Neser: “Ons Portugese se liefde is net so fel en onblusbaar soos ons haat.” Aan Ricardo Mendoca se waarskuwing, reeds met hul eerste ontmoeting, steur Marina Neser haar min. Maar dit was voordat sy Ricardo se neef, die aantreklike marquês De Conna, ontmoet het – ’n streng aristokraat wat nog nooit die lokstem van die liefde gehoor het nie.
Donate to EbookNetworking
No Prev
No Next