Orion (Afrikaans Edition)
Book Details
Author(s)Deon Meyer
PublisherHuman & Rousseau
ISBN / ASINB00CEAPT28
ISBN-13978B00CEAPT26
Sales Rank276,206
MarketplaceUnited States 🇺🇸
Description
’n Middelklas-meubelhandelaar is in sy voorstedelike huis met ’n blaasvlam gemartel en toe met ’n M16 doodgeskiet. Een skoot; agterkant van die kop. Laksmanstyl. Oudpolisieman Zatopek van Heerden het sewe dae om dié moord op te los en ’n testament te vind. En die moord het boonop al tien maande tevore plaasgevind, die spore is vaag, die enigste leidraad ’n stukkie papier waarmee hulle te lank gelede dollars toegedraai het. Miskien báie dollars . . . En wanneer alles skielik ontvlam, is daar snaakse gediertes wat uit die vuurlig probeer skarrel: Militêre Intelligensie, die CIA, Moord en Roof, georganiseerde misdaad op die Kaapse Vlakte. Hoe dieper hy delf, hoe meer lae hy van dié ding afkrap, hoe meer smeer hulle toe.










