Ou bloed Buy on Amazon

https://www.ebooknetworking.net/books_detail-B00DI7JJC2.html

Ou bloed

Book Details

Author(s)Peet Venter
ISBN / ASINB00DI7JJC2
ISBN-13978B00DI7JJC5
MarketplaceUnited Kingdom  🇬🇧

Description

Thys Krige is al vyftien jaar op die spoor van sy pa se moordenaar. Ou bloed. Dit is trouens hoekom hy by die polisiemag aangesluit het. Keer op keer bevind hy hom in ’n doodloopstraat. En telkens word sy soektog gedwarsboom – onder andere deur korrupsie in die polisiemag.

Maar Krige het in sy soektog ’n vennoot waarvan hy nooit geweet het nie en hierdie mens glo nie net in bloedige en grusame geregtigheid nie, hy gee uitvoering daaraan. Wat Krige ook nie weet nie, is dat die bloed inderdaad dieper loop, soos ’n geheimsinnige figuur vir hom gesê het die aand toe sy pa vermoor is.

Venter lei die leser na tonele wat die bloed laat stol, na die donker en droewe wêreld van dwelms en kinderhandel. En ja, daar is ’n vrou, een wat al ’n pad saam met Krige geloop het.

Ou bloed volg Venter se vorige roman, Dieper as die bloed, op.
Donate to EbookNetworking
Prev
Next