Sy wou so graag maar net een van hulle wees sonder dat hulle weet sy is die eienaar van die vakansieplaas, daarom het sy gelieg oor wie sy is. Die leuens boemerang op haar toe die man wat sy liefkry van dit uitvind nog voor ‘n behoorlike verhouding tussen hulle kan ontstaan. Hy verdwyn uit haar lewe toe sy gasteplaas langsaan afbrand en hy nie die fondse het om dit weer op te bou nie. Daar breek egter ‘n dag aan dat sy met ‘n oopgekloofde been donkernag naby sy karavaan by sy murasies deur sy hond gevind word...