"Hierdie splinternuwe boek deur dr. Anton F. Prinsloo beskryf hoe die oorspronklike betekenisse van ongeveer 1 000 Afrikaanse woorde metterjare só verander het dat die betekenisse wat ons vandag ken, byna hoegenaamd nie sin maak nie.
As ons vandag van ’n "kandidaat" praat, sou ons nie dink dat dit iemand is wat ’n verpligte wit rok sou moes aanhê nie. En die klein, kruipende diertjie wat ons 'n "wurm" noem, kon toentertyd na ’n maaier, slang, skerpioen of draak verwys het. Ligte, prettige leesstof.