Kokkedoor: Resepte uit jou gunsteling-TV-reeks (Afrikaans Edition) Buy on Amazon

https://www.ebooknetworking.net/books_detail-B00G4CAB2A.html

Kokkedoor: Resepte uit jou gunsteling-TV-reeks (Afrikaans Edition)

Book Details

ISBN / ASINB00G4CAB2A
ISBN-13978B00G4CAB24
Sales Rank1,105,881
MarketplaceUnited States  🇺🇸

Description

Herleef die lekkerte van onthoukos en kook soos 'n Kokkedoor in jou eie kombuis.

Hierdie boek bevat die beste uit die gewilde Kokkedoor-televisiereeks, en gaan oor die kos wat ons lief het: erfeniskos, oumakos, huiskos, hunkerkos, kookkos, verlangkos, lekkervoel-kos.

- Die beste resepte van elke episode, getoets vir die huiskombuis
- Familieresepte vir vleisgeregte, fyngebak, brood, konfyt, piekels, groente, slaai, soetgoed en poedings
- Nuwe idees vir Sondagkos, basaarkos, piekniek, padkos, partytjiekos en braai
- 'n Kykie na die geskiedenis van geregte en waar gebruike vandaan kom
- Goue gunstelinge kry 'n moderne baadjie, sonder om die herinneringe te verloor

In dié versamelaarsboek deel Tannie Poppie haar broodpoeding-resep, Marinda en Mathilda hulle heerlike brandrissie-fudge, Theresa haar skuinskoek en ouma Drieka se onfeilbare skilferkorsdeeg. Die reekswenners Mynhardt en Tiaan deel hulle langtafel-geregte, asook nuwe weergawes van erfenisgeregte soos sagopoeding met suikerglasklokke.

Hier is vandag se kos, gegeur met gister. Om te kokkedoor is om kosmaak te geniet, vriende en familie na die lang tafel te nooi en ure lank te gesels oor gister se dinge en môre se drome.
Donate to EbookNetworking
Prev
Next