⭐ Ratings & Reviews
No reviews yet — be the first!
No reviews yet.
📖 Description
’n Juffrou vir Skurwekop Met ’n ysterhand regeer Bertus Kruger oor sy klein koninkryk – Skurwekop se landbouskool. Totdat juffrou Annie Delport die eerste vrou word wat die heiligdom van hierdie mannedomein betree. Gou hou sy die seuns se harte in die holte van haar hand – en inspireer hulle onwetend om ’n dans van die liefde spesiaal vir hul juffrou te skep.
Sandroos uit Meob As Ansa maar net nooit haar vrouwees in ’n swart nonnegewaad probeer verskuil het nie; as sy net nie ’n leuenweb oor Braam Venter geweef het nie . . . Maar dit was ter wille van suster Theresa, ter wille van oorlewing. Want hoe moes hulle anders uit die verlate spookdorp Meob by die beskawing uitkom? Louw Greyling het net een doelwit – vergelding en om Braam Venter en sy diamante te kry. Suster Ansa is die padkaart na daardie skat. Min kon hy droom dat daar ook ’n roete na sy hart is . . .