Jou gesondheid is lewensbelangrik vir jou en jou naastes. Dr Janet Maccaro het ‘n unieke padkaart geskep met inligting oor tien belangrike boustene vir ‘n gebalanseerde lewenstyl vry van angs, depressie, kommer en siekte.
Natuurlike balans vir ‘n vrou se liggaam is ‘n interaktiewe gids met wenke vir die instandhouding van jou stelsel, hormonale gesondheid, skoonheid, gewigsbeheer, verhoudingskwessies en byna enigiets wat jy in jou leeftyd kan teekom.
In haar unieke, opregte styl, bespreek Dr Janet ook die volgende:
Lewensbelangrike gesondheidsondersoeke vir jou sewe stelsels ‘n Emosionele gesondheidsondersoek en fassinerende self-evaluerings wat jou leefstylkeuses openbaar Eenvoudige riglyne oor hoe om die swak areas in jou liggaam te versterk Riglyne vir die vreugdes van gesonde verhoudings en maniere om die verhoudings te identifiseer wat jou dreineer en verouder Nuttige wenke vir algemene kwale en eenvoudige riglyne vir die voorkoming daarvan
Natuurlike balans vir ‘n vrou se liggaam voorsien al die bestanddele wat jy nodig het vir ‘n lewenslustige, gebalanseerde lewe. Waarvoor wag jy?