In hierdie dagstukkieboek beklemtoon Joyce Meyer die belangrikheid daarvan om elke oggend n paar minute met God deur te bring. Om jou dag op hierdie manier te begin, gee jou hoop en n vars uitkyk op die nuwe dag.
Die 366 Dagstukkies is saamgestel uit negentien van Joyce se gewildste boeke en gee jou elke dag n nuwe boodskap van die Here. n Nuwe dag, n nuwe jy se boodskappe sal jou krag gee vir elke dag en jou daaraan herinner dat God elke dag vir ons sy genade skenk.