Ek verklaar: 31 beloftes om oor jou lewe te spreek (Afrikaans Edition)
Book Details
Author(s)Joel Osteen
PublisherStruik Christian Media
ISBN / ASINB00I0C4X4E
ISBN-13978B00I0C4X48
Sales Rank1,711,289
MarketplaceUnited States 🇺🇸
Description
God se Woord is nie net daar om gelees en verstaan te word nie; sy woorde is gemaak om te verkondig en uitgespreek te word. Sy woorde is kragtig en Hy het hulle aan ons gegee om sy guns in ons lewens in te spreek. In Ek verklaar help Joel Osteen lesers om die waarheid agter God se Woord te ontsyfer en wys hy jou hoe jy God se seëninge in jou lewe en dié van ander kan bring deur God se beloftes oor jou lewe uit te spreek. Ek verklaar is opgedeel in 31 afdelings - jy kan alles op een slag lees, of een vir elke dag van die maand. Elke afdeling begin met 'n geloofsversterkende verklaring, en word gevolg deur 'n verhaal en Skrifgedeelte wat God se ongelooflike krag demonstreer. Dit is 'n moet-lees boek vir enigeen wat wil leer van God se beloftes en hoe ons dit in ons lewens kan laat vrugdra. Die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! - Numeri 6: 24-26










