Die naakte feite (eBoek): Vrae wat jou ouers hoop jy nooit oor seks sal vra nie (Afrikaans Edition) Buy on Amazon
Facebook LinkedIn

Die naakte feite (eBoek): Vrae wat jou ouers hoop jy nooit oor seks sal vra nie (Afrikaans Edition)

Book Details
ISBN / ASIN B00IMC6FFW
ISBN-13 978B00IMC6FF4
Sales Rank #2,231,534
Marketplace United States 🇺🇸
Description
Almal praat, dink en wonder oor seks, veral tieners. En tog is dit die één ding waaroor hulle nie maklik met hulle ouers kan praat nie.
In DIE NAAKTE FEITE kom ervare beraders en leraars Jimi le Roux en Timothy Kieswetter, kenners op die gebied van seksuologie, Bybellering en pastorale bediening, tot almal se redding met eerlike, reguit en Bybelsgebaseerde antwoorde op 56 werklike vrae wat tieners vra, soos: “Wanneer is mens reg vir seks?” en: “Wat sê die Bybel oor gay-wees?”
Die vrae is in ses sinvolle afdelings verdeel, insluitend: Vrae oor ’n seun se liggaam, vrae oor ’n meisie se liggaam, vrae oor seks self en vrae oor verhoudings en seks. Die boek bevat ook ’n alfabetiese indeks met kort definisies en ’n lys met webtuistes en noodnommers waar tieners hulp kan kry in noodsituasies.
DIE NAAKTE FEITE gee vir tieners die regte gereedskap om die regte keuses te maak.
Donate to EbookNetworking
No Prev
No Next