Yolandi se man, Burt, mishandel haar wreed toe sy nie vir hom kan kinders gee nie. Sy vlug en gaan kruip in eenvoud weg. Die mishandeling het gesorg vir ‘n digte kors om haar hart om nie weer iemand daar toe te laat nie. Toe stap Wessel haar lewe binne met oplossings vir haar probleme selfs al weet hy sy kan hom niks bied nie. Tog is die liefde enig in sy soort, en dring deur waar ander dinge nie kan nie. Die besef daarvan kom egter te laat, want ‘n monster met die naam Roanda verongeluk die enigste kans wat Yolandi kan hê in liefde en geluk.