Goeiemore, mnr Mandela (Afrikaans Edition) Buy on Amazon
Facebook LinkedIn

Goeiemore, mnr Mandela (Afrikaans Edition)

Publisher SA Penguin
Book Details
Author(s) Zelda la Grange
Publisher SA Penguin
ISBN / ASIN B00L40EM5E
ISBN-13 978B00L40EM55
Sales Rank #69,122
Marketplace United States 🇺🇸
Description
Zelda la Grange het grootgeword as ’n ondersteuner van die reëls wat wit en swart skei. En tog sou sy Nelson Mandela se naaste vertroueling word, en liefde en respek ontwikkel vir hierdie man wat aan haar as ’n vyand voorgehou is. Goeiemôre, mnr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe ’n jong vrou se lewe, oortuigings en vooroordele omvergewerp word deur die grootste staatsman van ons tyd. Dit volg die ongelooflike lewenspad van ’n verskrikte tikster in haar vroeë twintigs wat gekies word as die president se lojaalste steunpilaar en haar loopbaan daaraan wy om reisgenoot en versorger te word van die man wat sy ‘Khulu’ noem. Oupa. Zelda bring hier hulde aan Nelson Mandela soos sy hom geken het: Leermeester van wie sy haar belangrikste lewenslesse ontvang het. ’n Man wat nie die verlede oor sy hede sou laat heers nie. ’n Man vol respek en vergifnis teenoor almal, maar wat ook openhartig, reguit en ’n terggees kon wees. Terwyl hy sy land vernuwe het, het hy Zelda ook uit ’n geslote wêreld van vrees en wantroue bevry en betekenis aan haar lewe verleen. Hierdie boek wentel om liefde en tweede kanse. Dit sal jou lewe raak en jou laat glo elkeen van ons, ongeag wie ons is en wat ons gedoen het, het die mag om te verander.
Donate to EbookNetworking
No Prev
No Next