Infanta (Afrikaans Edition) Buy on Amazon
Facebook LinkedIn

Infanta (Afrikaans Edition)

Author Deon Meyer
Publisher Human & Rousseau
Price not available for United Kingdom

You can still browse on Amazon. Try another country above.

Book Details
Author(s) Deon Meyer
Publisher Human & Rousseau
ISBN / ASIN B00PIURBGS
ISBN-13 978B00PIURBG2
Marketplace United Kingdom 🇬🇧
Description
“My naam is Bennie Griessel en ek is ’n alkoholis.” “Hallo, Bennie,” sê die twee en dertig stemme in ’n blymoedige koor. “Ek het gisteraand ’n bottel Jack Daniel’s uitgesuip en my vrou geslaan. Sy het my vanoggend uit die huis uit gesit. Ek is nou een dag sonder drank. Ek is hier omdat ek nie my drinkery kan beheer nie. Ek is hier omdat ek my vrou en my kinders en my lewe wil terughê.” Terwyl hy die desperate vasberadenheid in sy eie stem hoor, begin iemand hande klap en dan dawer dit in die afgeleefde kerksaaltjie. Maar om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Griessel van die Ernstige en Geweldsmisdaadeenheid eers vir Artemis keer: die vigilante wat die doodstraf teruggebring het, wat besig is om misdaad teen kinders met ’n lang lem en ’n skrikwekkende meedoënloosheid te wreek. En met die media wat skree, die politici wat druk toepas, ’n span onbeholpe jong speurders en verskeie kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie Griessel ’n lokval. Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van ’n sekswerker vir haar kind, die haat van die Sangrenegra-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nie.
Donate to EbookNetworking
No Prev
No Next