⭐ Ratings & Reviews
No reviews yet — be the first!
No reviews yet.
📖 Description
Dit is sinloos om hom te probeer weerstaan!
Serena Scott weet voor haar siel Finn St. George voorspel net een ding moeilikheid! Asemrowend? Ja. Renjaer van formaat? Ja. Lothario wat roekeloos op selfvernietiging afstuur? Beslis. Maar di keer gaan Finn te ver. Die Scott Lansing-span sal nie nog n ramp oorleef nie. En Serena word afgevaardig om hom van sy verkeerde we te laat afsien! Finn is versot op sy pierewaaierlewenswyse. Wie sal hom in elk geval nie eerder van beeldskone vroue laat omring as om met die verlede gekonfronteer te word nie? Maar is dit wie hy werklik is, of hou hy n front voor? Serena se ongehoorde, vurige teenstand lei tot n magstryd tussen twee vasbyters. Sal sy die losbol kan mak maak? Of sal sy verstrik raak in die sensuele aantrekkingskrag wat hy uitstraal?