⭐ Ratings & Reviews
No reviews yet — be the first!
No reviews yet.
📖 Description
Is daar 'n absolute waarheid wat ons lewe beheer? Wêreldwyd raak al meer mense volwasse in hul denke. Hulle aanvaar nie sake onkrities vir 'n tweedehandse lewe nie. Die dans met God vra reguit vrae en sny diep deur tradisionele antwoorde om by die sin van die lewe uit te kom. Moderne mense fokus net op dinge wat hulle kan bewys, maar verloor die misterie. Is daar 'n ander pad? Hoe kan ons nuut dink oor God en die geloof, sonder om die innerlike belewing prys te gee? Hierdie oopkop en rustige (soms vrolike) boek neem die leser op 'n lewensreis waar elkeen self kan soek - en vind. Jy leef die oomblik, want dis heilig.