ek dop jou uit jou lapomhulsel en drup jou naaktheid oor my lyf se hunkering jou vrouelyf is ‘n honger valk
wat uit my bedelhande eet my mond verf jou meesterstuk ek verslind jou rypste vrug my lendene bars oop en vou jou bronstig toe jy bring jou kelk weer en weer en skink vir ons ‘n heildronk
tot ons lywe leeggetap oor die sterre na die maan toe stap