Die Sexy Bistro se bestuurder: Boek Een in die Sexy Bistro-reeks (Afrikaans Edition) Buy on Amazon

https://www.ebooknetworking.net/books_detail-B073YD4G65.html

Die Sexy Bistro se bestuurder: Boek Een in die Sexy Bistro-reeks (Afrikaans Edition)

AuthorAnna Emm

Book Details

Author(s)Anna Emm
ISBN / ASINB073YD4G65
ISBN-13978B073YD4G68
Sales Rank827,563
MarketplaceUnited States  🇺🇸

Description

Na haar dood laat Erika Bunting haar drie vriendinne met 'n ongewone versoek: dat hulle die ding sal doen waaroor die vier van hulle jare lank net gedroom het. Hulle moet 'n restaurant oopmaak, en hulle moet dit Die Sexy Bistro noem. Maar vreemde dinge gebeur wanneer mens eers begin om jou drome na te jaag...

Madi van Jaarsveld weet niks van die restaurantwese af nie, nog minder van wat dit vra om 'n besigheid te bestuur. Maar as sy nie die leiding gaan neem en haar twee vriendinne tot aksie dwing nie, sal Die Sexy Bistro nooit realiseer nie. En dan sal sy vir die res van haar lewe skuldig voel... Sy was die een wat nooit wou waag nie. As dit nie vir haar oorversigtige rekenmeersterbrein was nie, sou Erika nie doodgegaan het met haar droom steeds onverwesenlik nie. So sy skuld haar.

Maar dis nie net die nuwe restaurant wat haar slapelose nagte gee nie... Daar's ook Reuben Gibbs, die arrogante, onbeskofte eienaar van die gebou wat hulle huur, met sy onmoontlike groen oë en sexy glimlag. En die laaste ding waarvoor Reuben kans sien, is nog 'n mislukte restaurant op sy perseel.
Donate to EbookNetworking
Prev
Next