Search Books

Offerlam (Afrikaans Edition)

Author Chanette Paul
Publisher LAPA Uitgewers
📄 Viewing lite version Full site ›
🌎 Shop on Amazon — choose country
Price not listed
🛒 Buy New on Amazon 🇺🇸
Share:
Book Details
Author(s)Chanette Paul
ISBN / ASINB018QM03X2
ISBN-13978B018QM03X8
Sales Rank124,843
MarketplaceUnited States 🇺🇸

Description

Die Kongo, 1961: ’n Man word koelbloedig vermoor en sy geliefde word vir dood agtergelaat.

Drie en vyftig jaar later kry Caz Colijn ʼn oproep wat haar kluisenaarsbestaan uit mekaar ruk.

In België waar sy haar en haar dogter se herkoms probeer naspoor, word dit duidelik dat dié land se koloniale verlede net so ’n groot impak op haar lewe gehad het soos die apartheidsjare in Suid-Afrika.

Die oproep wat professor Luc DeReu ontvang, is minder traumaties. Ook hy word egter uit sy wentelbaan geruk toe die vrou wat hy kwalik neem oor sy pa se voortydige dood, weer sy jandooilewe betree.

Intussen moet Erevu en sy kleinseun die nkísi wat hulle meer as vyf dekades gelede ontneem is, opspoor om hulle heilige taak uit te voer.

Wanneer hierdie groepie mense se paaie kruis, stuur dit nogmaals op moord af.