Ware verhaal van 'n jong soldaat se wedervaringe in die Tweede Wêreldoorlog. Hy moes as kampkok dien; etlike spyskaarte word ingesluit. Dit vertel ook van sy lewe in die krygsgevangenis, die gruwels en geestigheid, en 'n noukeurige beskrywing van die plekke en mense. As ontsnapte het hy in die Partisani (versetsbeweging) gedien. Die boek bevat talle foto's wat bydra tot 'n lewensgetroue relaas.