Danya is lief vir haar buurman, oom Donald Stewart. Hy is soos 'n pa en mentor vir haar. Maar van sy seun Adrian gaan sy nooit hou nie. Behalwe dat hy vrek aantreklik is, is hy 'n geldvraat, natuur-freak en ambisie-bliksem alles in een.. Sy kan hom nie eens as 'n soort broer waardeer nie, laat staan nog verlief raak op hom. 'n Liefdesverhaal, met 'n lag in die traan. Dieselfde genre as Wanneer die son weer skyn